Vakante poste vir Januarie 2026
Hoërskool Grabouw is ’n gevestigde Afrikaansmedium gekombineerde skool (Graad 1–12) in die hartjie van Grabouw. Ons is trots op ons ryk geskiedenis van meer as 90 jaar, ons akademiese uitnemendheid en ons betrokkenheid by die gemeenskap wat ons dien. Die skool bied ’n stimulerende leeromgewing met ’n wye verskeidenheid akademiese, sport- en kultuuraktiwiteite.
Ons nooi dinamiese, gemotiveerde en toegewyde individue om aansoek te doen vir die volgende Skoolbeheerliggaamposisies wat vanaf Januarie 2026 beskikbaar sal wees. Indien jy passievol is oor onderwys, leierskap en gemeenskapsbetrokkenheid, is hierdie jou geleentheid om deel te word van ’n span wat ’n verskil maak.
Beskikbare poste:
-
Graad 10–12: Rekenaar Toepassings Tegnologie en Lewensorientering
-
Graad 4–7: Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal
-
Graad 4–7: Kombinasie van Natuurwetenskappe/Tegnologie, Persoonlike Welsyn (LO), Sosiale Wetenskappe en Kreatiewe Kunste
-
Swembadkoördineerder (met verantwoordelikhede vir swemprogram, alumni en ondersteunersklub)
Klik op die onderstaande advertensies vir volledige besonderhede oor vereistes, werksomskrywings en die aansoekproses.


