Graad 4–7 Onderwyser (Kombinasie van vakke)
Hoërskool Grabouw is ’n Afrikaansmedium gekombineerde skool (graad 1–12) in die hartjie van Grabouw. Ons het ’n trotse akademiese rekord en ’n verskeidenheid van ekstra- en ko-kurrikulêre aktiwiteite.
Die skool het tans behoefte aan die volgende kandidaat:
Basiese inligting
-
Skoolbeheerliggaampos met kompeterende salaris.
-
Ses-maande proeftydperk.
Werksomskrywing
-
Registeronderwyser vir ’n Graad 4–7 klas.
-
Vakonderwyser vir ’n kombinasie van:
-
Natuurwetenskappe / Tegnologie
-
Persoonlike Welsyn (LO)
-
Sosiale Wetenskappe
-
Kreatiewe Kunste
-
-
Betrokkenheid by ko- en ekstra-kurrikulêre aktiwiteite.
Vereistes
-
Graad 12 en toepaslike onderwyskwalifikasie.
-
Geen kriminele rekord en skoon polisieklaring.
Aanbevelings
-
Bestuurslisensie en geldige openbare bestuurspermit.
-
Vorige ondervinding in die veld.
Aansoekproses
-
Dekbrief (2 bladsye) en verkorte CV (maksimum 6 bladsye). Geen ander dokumente nie.
Aansoeke kan:
-
Per hand ingehandig word by die skoolkantoor.
-
Per e-pos gestuur word na sbl@hsgrabouw.co.za.
Sluitingsdatum: Vrydag 29 November 2025 teen 14:00.


