top of page

Graad 4–7 Onderwyser (Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal)

Hoërskool Grabouw is ’n Afrikaansmedium gekombineerde skool (graad 1–12) in die hartjie van Grabouw. Ons het ’n trotse akademiese rekord en ’n verskeidenheid van ekstra- en ko-kurrikulêre aktiwiteite.

Die skool het tans behoefte aan die volgende kandidaat:

Basiese inligting

  • Skoolbeheerliggaampos met kompeterende salaris.

  • Ses-maande proeftydperk.

Werksomskrywing

  • Registeronderwyser vir ’n Graad 4–7 klas.

  • Vakonderwyser vir:

    • Engels Huistaal en Eerste Addisionele Taal.

  • Betrokkenheid by ko- en ekstra-kurrikulêre aktiwiteite.

Vereistes

  • Graad 12 en toepaslike onderwyskwalifikasie (veral vir Engels).

  • Geen kriminele rekord en skoon polisieklaring.

Aanbevelings

  • Bestuurslisensie en geldige openbare bestuurspermit.

  • Vorige ondervinding in die veld.

Aansoekproses

  • Dekbrief (2 bladsye) en verkorte CV (maksimum 6 bladsye). Geen ander dokumente nie.

Aansoeke kan:

Sluitingsdatum: Vrydag 29 November 2025 teen 14:00.

Visie: 

Leerders van Hoërskool Grabouw is universiteite en werkgewers se uitsoekkeuse.

Vision:

Learners of Grabouw High School are the top choice of universities and employers.

Missie:

Om ’n effektiewe maar genotvolle ruimte te skep deur die
aanwending van
hulpbronne en die ontwikkeling van
vennootskappe waarin onderwysers hul professionele take kan vervul sodat leerders sukses kan ervaar.

Mission: 

To create an effective yet enjoyable environment through the use of resources and the development of partnerships, in which teachers can fulfill their professional duties so that learners can experience success.

Contact us:

+27 21 859 4203

2 Voortrekker Street,

Grabouw, South Africa

Logo.png
  • Facebook
  • Instagram

© 2025 by Hoërskool Grabouw High School.

Powered and secured by Wix

 

bottom of page