Swembadkoördineerder
Hoërskool Grabouw is ’n Afrikaansmedium gekombineerde skool (graad 1–12) in die hartjie van Grabouw. Ons het ’n trotse akademiese rekord en ’n verskeidenheid van ekstra- en ko-kurrikulêre aktiwiteite.
Die skool het tans behoefte aan die volgende kandidaat:
Basiese inligting
-
Skoolbeheerliggaampos met kompeterende salaris.
-
Ses-maande proeftydperk.
-
Werksure en vakansies soos opvoeders.
Werksomskrywing
-
Bestuur van die skool se swembad as ’n swemklub.
-
Koördinering van swem in die skool.
-
Beplanning en koördinering van “learn-2-swim” sessies vir ander skole en organisasies (insluitend werwing van donateurs).
-
Vestiging van ’n Alumni-groep:
-
Koördinering van 10-, 20-, 30- en 40-jaar reunies.
-
Bestuur van databasis en werwing van donasies.
-
Verspreiding van nuusbriewe.
-
-
Koördinering van die Ondersteunersklub:
-
Bestuur van databasis.
-
Verspreiding van nuusbriewe.
-
Koördinering van kwartaalvergaderings.
-
Vereistes
-
Graad 12 kwalifikasie.
-
Geen kriminele rekord en skoon polisieklaring.
-
Gekwalifiseerde "Learn-2-Swim" afrigter of swemafrigter
-
Noodhulp Vlak 1 vir lewensredding
Aanbevelings
-
Na-skoolse kwalifikasie wat verband hou met sport of administrasie.
-
Bestuurslisensie en geldige openbare bestuurspermit.
-
Vorige ondervinding in die veld.
Aansoekproses
-
Dekbrief (2 bladsye) en verkorte CV (maksimum 6 bladsye). Geen ander dokumente nie.
Aansoeke kan:
-
Per hand ingehandig word by die skoolkantoor.
-
Per e-pos gestuur word na sbl@hsgrabouw.co.za.
Sluitingsdatum: Vrydag 29 November 2025 teen 14:00.


