top of page
Dwelmtoetsbeleid en -prosedure
Die skool is ’n dwelmvrye skool. Hierdie beleid stel die prosedure vas vir dwelmtoetsing van leerders met slegs goedgekeurde toetsapparate (bv. urine-, speeksel- of oppervlaktoetse). Toetsing mag slegs plaasvind by ’n redelike vermoede, as deel van ’n goedgekeurde program, of na ’n voorval. Toetse word uitgevoer deur ’n persoon van dieselfde geslag met ’n getuie, buite sig van ander. Positiewe resultate is voorlopig; ’n bevestigende laboratoriumtoets word op skoolkoste gereël.
bottom of page



