top of page
Beleid oor Godsdienstige Waarnemings
Hierdie beleid erken en beskerm die reg van elke leerder, ouer en personeellid op vryheid van gewete, godsdiens, denke en geloof soos vervat in die Grondwet. Dit reël godsdienstige waarnemings (soos gebed, Skriflesing en feeste) op ’n billike en vrywillige grondslag, verbied onbillike diskriminasie op grond van godsdiens, en bevorder verdraagsaamheid en respek vir diversiteit. Geen leerder of personeellid mag gedwing word om aan enige godsdienstige aktiwiteit deel te neem nie, en alternatiewe nie-godsdienstige aktiwiteite word voorsien.
bottom of page





